Ouma En Oupa Roos
aangebied deur:
Bloemnuus en Athalia Uitreik
Kliek Hier Vir Die Inskrywings Vorm
’n Oupa en Ouma is ’n spesiale geskenk van God aan kleinkinders en verdien hul erkenning vir hul onbaatsugtige liefde vir hul kleinkinders. Dit is ook vir die grootouers van ontskatbare waarde om geseend te wees met kleinkinders en om die spesiale titel te dra van Oupa en Ouma.
Nou het kinders en kleinkinders die geleentheid om te kan spog met die spesiale Oupa en Ouma in hul familie deur hul te nomineer as die beste Oupa en Ouma. Deur net genomineer te word as grootouers vir die titel is reeds vir dié grootouers ‘n eer en verdien elke oupa en ouma die voorreg
Finaliste is eregaste op ‘n Gala Kroningsaand by Arriva wat een vd hoogtepunte op Bloemfontein se sosiale kalendar is. Dit vorm ook deel van die Bloemfontein Roosfees. Die Glansgeleentheid word gereël deur die voormalige Mev. Verenigde Nasie Internasionaal, Lianda Hurter, in samewerking met die bekende fotograaf, Elsa Vermeulen wat die spesiale oomblikke op kamera gaan vaslê.
Enige persoon wat ‘n oupa of ouma is mag deelneem. EN kan ingeskryf word deur enige kind, kleinkind, vriende of lid van die publiek. Oupa en ouma mag hul self ook inskryf. Daar is geen ouderdomsbeperking. Inskrywings is GRATIS.
Sluitingsdatum : 15 Augutus 2015
Kategorieë:
- Oupa & Ouma Roos Egpaar
- Oupa Roos
- Ouma Roos
Kompetisievoorwaardes asook inskrywingskeuses verskyn op die inskryfvorm.
Spesiale voorwaardes: Moet in die verspreidingsgebied van Bloemnuus woon en moet beskikbaar wees om die kroningsgeleentheid op 13 Oktober 2015 in Bloemfontein by te woon.
Spesiale Aanbeveling: ‘n Foto wat die spesiale band tussen grootouer(s) en kleinkinders weerspieël moet die inskrywing vergesel.
PRYSE:
- Kategorie wenners wen ’n ereband, geraamde sertifikaat, wegbreeknaweek, spesiale bederfgeskenke soos foto pakkette deur Elsa Vermeulen Fotografie ens.
- Elke van kategorie wenner inskrywings, wen die persoon wat wenner genomineer het ook ’n spesiale prys nl. Fotopakket van Elsa Vermeulen van R400 & Speelgoed Koopbewys van R250 geskenkbewys deur Hurter Makelaars.
- Spesiale prys vir die trefendste foto deur Elsa Vermeulen Fotografie
- Gelukstrekking tydens die galakroningsaand.
- SKOLEKOMPETISIE: Die skool met die meeste inskrywings ontvang die kinders ‘n spesiale bederf, sertifikaat en word op Gala-aand bekend gemaak.
Besoek die webtuiste vir meer inligting: http://www.athalia.co.za of www.bloemnuus.co.za
Navrae: Ans Coetzee 0824676471 e-pos ans@athalia.co.za of jens.friis@media24.com